Matzikama-munisipaliteit moet finansiële state bekend maak


Die burgerregte-organisasie AfriForum se Vredendal-tak het ’n aansoek ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting, 2000 (wet no. 2 van 2000) gebring om die finansiële state van die Matzikama Plaaslike Munisipaliteit te bekom. Die doel hiervan is om vas te stel hoe dié munisipaliteit belastingbetalers se geld bestee.

“Die munisipaliteit het 30 dae om op dié aansoek te reageer. As hulle dit nié doen nie, moet die munisipaliteit skriftelike redes vir hul weiering verskaf. AfriForum sal ook vir Helen Zille, premier van die Wes-Kaap, betrek as die munisipaliteit die inligting steeds weerhou. Ons wil bepaal of die begroting na behore gevolg word,” sê Deon de Jager, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Boland.

Om betrokke te raak by AfriForum se Matzikama-tak SMS “Matzikama” na 45342 (R1).

Soortgelyke plasings