|

Apiesrivier-buurtwag en ander veiligheid rolspelers hou sigbaarheidspatrollie

AfriForum se Apiesrivier-buurtwag het op 3 Februarie 2023 ’n sigbaarheidspatrollie gehou in samewerking met Apies-Noord GPF. Altesaam 45 gemeenskapslede het in 23 voertuie deelgeneem aan dié patrollie en in totaal 816 km afgelê.

Alle deelnemers het streng voldoen aan al die vereiste regulasies en binne die raamwerk van die wet opgetree. Daar was geen insidente gewees tydens die patrollie nie.

“Dit is vir AfriForum van kardinale belang om voort te kan gaan met sigbaarheidspatrollies ten einde die veiligheid van ons gemeenskappe te verseker,” sê Sampie Steinberg, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Groter Pretoria-Noord

Hierdie gaan ’n maandlikse instelling word deur AfriForum se Apiesrivier-buurtwag om misdaad in die gebied uit te dryf. Word deel van hierdie sigbaarheidspatrollie deur een van die volgende persone te kontak.

  • Craig Brown 079 056 6567
  • AfriForum Noodfoon 076 647 2942
  • Colleen Gerber 066 531 0319
  • Renata Taljaard 083 545 0319
  • Kobus Coetzer 072 899 0788

“AfriForum se Apiesrivier-buurtwag doen ’n beroep op die gemeenskap om betrokke te raak en self hul veiligheid te prioritiseer. Raak betrokke en sluit vandag nog by AfriForum se Apiesrivier buurtwag aan en word deel van die oplossing,” sluit Steinberg af.

Sluit gerus aan met ’n maandelikse vrywillige bydrae en SMS “Apiesrivier” na 45340 (R1).

Soortgelyke plasings