|

Bethal-tak herstel slaggate op die dorp

AfriForum se tak in Bethal het op 27 Junie ’n slaggatprojek in hierdie dorp geloods waartydens slaggate in Malherbestraat, Wichtstraat, Hoëveldlaan en Van der Stellaan herstel is. Gedurende die projek is meer as 150 sakke teer gebruik. Die kostes van dié projek beloop ongeveer R13 000.

Verder is daar ook in Buffelstraat slaggate tussen Springbok- en Steenbokstraat herstel wat R9 000 gekos het.

Die Bethal-tak het ook die driehoek by die Nestlè-brug skoongemaak en beplan om hierdie driehoek eersdaags oor te doen. Hierdie driehoek is reeds sewe jaar gelede deur die Bethal-gemeenskap herstel en mooigemaak. Sedertdien het AfriForum se Bethal-tak die omgewing aangeneem en maak gereeld die rotstuin netjies.

“Ons sal aanhou om te veg teen Bethal se verval en loods in die komende week verdere slaggatprojekte rondom Laerskool HM Swart om die swak toestand van die paaie in die omgewing te herstel,” sê Ingrid Human, voorsitter van AfriForum se Bethal-tak.

Wys jou steun vir AfriForum se tak in Bethal: Besoek www.wordlid.co.za.

Soortgelyke plasings