|

Bethal-tak herstel strate

Die AfriForum-tak in Bethal het in September begin om die strate in dié dorp te herstel en is steeds volstoom aan die gang in ’n poging om motoriste se veiligheid te verseker.

Verskeie strate is reeds herstel en nog vele strate se herstelwerk word beplan. Daar is herstelwerk in Kleijnhans-, Clerq-, Tsibitso Sibanyoni-, Buffel-, Malherbe- en Wichtstraat sowel as Marklaan gedoen.

Dié werk wat gedoen is sluit nie net die herstel van die strate in nie, maar ook die seël van die slaggate wat opgevul is. Die projek beloop tans meer as R12 000 per maand vir die vyfmanspan wat die werk verrig.

“Ons werk hard om belangrike paaie in Bethal te herstel sodat mense met gemak by hulle bestemmings kan uitkom,” sê Hennie Bekker, distrikskoördineerder vir die Hoëveld.

Sluit vandag by AfriForum se Bethal-tak aan: SMS “Bethal” na 45340 (R1).

Soortgelyke plasings