Gesinsgeweld
|

Kaapstad-Noord-tak red aanrandingslagoffer uit man se kloue

AfriForum se Kaapstad-Noord-tak het op 12 Januarie ’n vrou te hulp gesnel wat deur haar man aangerand word.

Yolanda Fritz van die Kaapstad-Noord-tak het omstreeks 17:48 op ’n vrou in nood se hulpkrete gereageer. Fritz het ondersoek ingestel en in die rigting beweeg waar die geskreeu vandaan gekom het totdat sy by ’n huis aangekom het waar ’n man besig was om ’n vrou te slaan. Dit het voorgekom asof die man onder die invloed van alkohol is.

Fritz het tussenbeide getree en die SAPD ontbied. Daar is bevind dat dit die vrou se man is wat haar aangerand het.

Die SAPD het die vrou na die hospitaal vergesel vir behandeling. Die slagoffer het ’n klagte van gesinsgeweld by die SAPD ingedien en ’n J88-verslag, wat haar beserings aandui, by die klagte aangeheg.

SMS “Boland” na 45350 (R1) om vandag nog by hierdie AfriForum-tak aan te sluit.

Soortgelyke plasings