|

Bethal-tak skenk groente aan tehuise vir bejaardes

AfriForum se Bethal-tak het op 16 Augustus groente uit die gemeenskapsgroentetuin aan die Silwerjare Tuiste vir Bejaardes geskenk nadat dit aan die lig gekom het dat die tehuis onder finansiële druk verkeer.

Ongeveer 60 kg spinasie is geoes en aan Silwerjare geskenk. Nog spinasie sal in die komende week geoes en aan die Palm-Oord Tehuis geskenk word.

Die idee om ’n gemeenskapsgroentetuin aan te lê, het gedurende die COVID-19-pandemie ontstaan met die doel om die gemeenskap volhoubaar van vars groente te voorsien. Sedertdien lewer die projek bykans elke maand groente aan verskeie gemeenskapsorganisasies soos hierdie tehuise en die Bethal-sopkombuis. Wanneer daar ‘n oorvloed groente is, soos in die somertyd, skenk die tak gereeld groente aan organisasies in die dorpe rondom Bethal.

“Die projek is ’n groot sukses en bron van voedsel vir baie organisasies wat in die huidige ekonomie sukkel om kop bo water te hou,” sê Hennie Bekker, distrikskoördineerder vir die Hoëveld.

Klik hier en raak by AfriForum se Bethal-tak betrokke.

Soortgelyke plasings