|

Bloemfontein Uitsig Buurtwag eerste op toneel ná noodoproep

AfriForum se Uitsig-buurtwag in Bloemfontein het op 11 Februarie 2020 spoedig gereageer om ’n vrou wat vermoedelik ’n beroerte gehad het, te help.

Nadat ’n patrollielid inligting daaroor ontvang het, het hy dit op die buurtwag se WhatsApp-patrolliekanaal geplaas. Dié noodoproep is daarna deur middel van die plaaslike radiokommunikasienetwerk geaktiveer en AfriForum se Bloemfontein-beheerkamer het die AfriForum 911-reaksie-eenheid, VR-sekuriteit en Med24/7 Mediese nooddiens na die toneel ontbied. ’n Lid op die toneel het ook die Life Rosepark Hospitaal/Life EMS Mediese nooddiens ontbied.

AfriForum se Uitsig-buurtwag was eerste op toneel en kon eerstehulp toepas totdat nooddienste opgedaag het. Paramedici op die toneel het die vrou verder behandel en na Life Rosepark Hospitaal vervoer waar sy gestabiliseer is en na Busamed-hospitaal vervoer is vir verdere behandeling.

Soortgelyke plasings