|

AfriForum stel handleiding met wenke vir vuurwapeneienaars bekend

Die burgerregteorganisasie AfriForum het vandag ’n handleiding met wenke en antwoorde op gereelde vrae oor die besit en hantering van vuurwapens bekendgestel. Onderwerpe wat in die handleiding bespreek word sluit in watter voorwerpe as vuurwapens beskou word, die lisensie-aansoekproses, die veilige en wettige stoor van vuurwapens en ammunisie, die dra en vervoer van vuurwapens asook die gebruik van ’n vuurwapen.

“Daar was onlangs verskeie voorvalle waar lede van die polisie wettige vuurwapeneienaars by padblokkades geteister het omdat hul in die besit van vuurwapens was wat hul natuurlik wettiglik mag hê. Daarom moet vuurwapeneienaars ingelig wees oor wat hul regte is sodat hulle nie geviktimiseer word deur oningeligte of kwaadwillige polisiebeamptes nie,” sê Jacques Broodryk, AfriForum se woordvoerder vir gemeenskapsveiligheid.

“AfriForum ondersteun die wettige en verantwoordelike besit en hantering van vuurwapens en daarom het ons hierdie handleiding saamgestel om lede van die publiek in te lig, te bemagtig en ook te herinner aan hoe hul te werk moet gaan met hul vuurwapens, binne die raamwerk van die wet,” sluit Broodryk af.

Klik hier vir die sitkamergesprek.

  • Vind handleiding aangeheg

Soortgelyke plasings