|

Boland-buurtwagte neem aan nasionale patrollie deel

Die AfriForum-buurtwagte in die Boland het op 14 en 15 Oktober in samewerking met die SAPD, die plaaslike GPF, gemeenskapslede, verskeie sekuriteitsmaatskappye en veiligheidsinstansies ’n massapatrollie gehou. Die doel van die nasionale patrollie is om die vlaag van misdaad wat die land kniehalter hok te slaan. Die patrollie het Vrydag omstreeks 16:00 begin en tot ongeveer 08:00 geduur.

Altesaam 284 patrolleerders bestaande uit AfriForum-buurtwagte van onder meer Stellenbosch, Vredendal, Klawer, Koekenaap en Holrivier het aan die massapatrollie deelgeneem. Daar is 6 068 km in 188 voertuie afgelê. Daar was ook 193 persone van ander instansies soos die SAPD, die GPF en sekuriteitsmaatskappye betrokke by die aksie. Gedurende die patrollie is 15 voorvalle aangemeld en duisende rande se boetes vir onder meer onpadwaardige voertuie en algemene verkeersoortredinge is uitgereik.

“Die afgelope tyd is die bekommernis in veiligheidsvergaderings en ontmoetings onder almal dat die misdaad in veral sekere sektore styg. Dus het ons met die landwye sigbaarheidpatrollies die  plek bereik waar ons ons misnoeë teen misdaad te kenne wil gee. Terselfdertyd wil ons paraatheid binne ons gemeenskappe opskerp om misdaad teen te staan of af te weer,” sê Johan Crous, distrikskoördineerder vir die Boland.

“Ons sien uit syfers en studies dat misdaad dié tyd van die jaar styg, en ons maan mense aan om meer bewustheid vir veiligheid te hê.”

SMS “Boland” na 45350 (R1) om vandag nog by AfriForum aan te sluit.

Soortgelyke plasings