TAKSUKSESSE: SEPTEMBER 2022

NOORDSTREEK

GAUTENG

GROTER PRETORIA

Groter Moot

  • Die tak se buurtspan het voortgegaan met talle van sy projekte.
  • Die tak se buurtspan het paaie opgeknap en stopstrate oorgeverf.
  • Die tak se buurtspan het bome oorkant Oppiplaas geplant.
  • Die tak se buurtspan het met twee lede gegroei.
  • Die tak het ’n gemeenskapskoonmaakprojek gehou.
  • Die buurtwag het ’n bergoperasie in samewerking met die Tshwane-metropolisie gehou.
  • Die buurtwag het ’n opvolgaksie saam met die Tshwane-metropolisie by ’n plakkerskamp gehou.
  • Die buurtwag het bystand op ’n ongelukstoneel gebied.
  • Die buurtwag het gereeld sigbaarheidspatrollies gehou.

Bronkhorstspruit

  • Die buurtwag het addisionele sigbaarheidspatrollies gehou tydens onluste.
  • Die buurtwag het ondersteuning op die N4-snelweg gebied ná ’n voorval waartydens ysterpenne en ander skerp voorwerpe oor die pad geplaas is.
  • Die tak het water aan die gemeenskap voorsien nadat sabotasie by die reservoirs plaasgevind het.

Wes-Moot

  • Die tak het sy personeel vir opleiding gestuur.
  • Taklede het bome by die Hoërskool Tuine geplant.
  • Die buurtwag het hand bygesit tydens die kameraprojek by die reservoir.
  • Taklede het ondersteuning gebied op ’n ongelukstoneel.

Noord van die berg

  • Die tak het ’n nuwe tuinspan saamgestel.
  • Taklede het bome by verskeie skole geplant.

Centurion

  • Die tak se buurtspan het by Montaque Kneen Park in Valhalla gewerskaf as deel van AfriForum se Neem ’n park aan-ooreenkoms met die Tshwane-metro.
  • Die tak se buurtspan het ’n skoonmaakprojek in Ashwoodrylaan, Clubview gehou.
  • Taklede het drie bome op die openbare erf in Ashwoodrylaan, Clubview geplant. Dit word tans deur die gemeenskap as ’n vullisterrein gebruik.
  • Die tak se eerste advertensiebord oor sy herwinningshokke is opgerig. Die Kiepersol-gemeenskapsentrum het die tak daarmee gehelp en was ook deel van die projek. 
  • Die tak se buurtspan het ’n vrag herwinde items op die mark verkoop.
  • Buurtwaglede het noodhulpopleiding ontvang waarvoor die tak betaal het met die vrywillige bydraes wat maandeliks van inwoners ontvang word.
  • Die tak het in samewerking met AfriForum se Groter Moot-tak en die Tshwane-metropolisie ’n opvolgaksie gehou by die onwettige plakkerskamp langs die Gezina-treinstasie.
  • Die buurtwag se leierskorps het ’n buurtwagleierskursus, ’n operasioneleleierskursus en ’n kursus oor die Vrywillige Opleidingskorps (VOLK) suksesvol voltooi.
  • Die buurtwag het een van sy lede gestuur om ’n skietinstrukteurskursus af te lê.
  • Die tak het tien bome geskenk vir ’n boomplantaksie saam met die Voortrekkers van Klapperkop se Hasiespan wat in die Groenkloof Natuurreservaat gehou is. 
  • Die tak het saam met AfriForumTV en AfriForum Jeug by die Hoërskool Zwartkop gekuier tydens die vertoning van Die val.
  • Die tak se buurtspan het ’n skoonmaakprojek gehou by die vuil, verwaarloosde en uiters gevaarlike ou staalbrug (Wierdabrug) waar die R101 (Ou Johannesburgweg) met Wierdaweg kruis.
  • Die buurtwag het deur die loop van die maand vyf operasies van stapel gestuur, waaronder die begeleiding van skoolbusse, ondersteuning tydens die Laerskool Swartkop se “glow run”, asook die reël van voet- en fietspatrollies.

OOS-RAND

Benoni

  • Die tak se brandspan het deur die loop van die maand twee brande help bestry.
  • Die buurtwag het in samewerking met SNIPR LPR, K9 East Rand Recovery Unit, die SAPD, NoJack Vehicle Tracking/Anti-Hijacking Unit en Wolf Protection for the successful tracing and recovery vyf voertuie teruggevind. Een voertuig word verbind met huisrooftogte, terwyl die ander vier gesteelde voertuie is.
  • Die tak het twee slaggatherstelprojekte van stapel gestuur; ’n totaal van 36 sakke teer is gebruik om 63 slaggate op te vul.
  • Die tak het onwettige naamborde in die volgende gebiede verwyder: By die Engen-vulstasie op Celia Nestadtweg, op die pad deur Northvilla, die pad deur Northmead Uitbr. 4, die pad in Rynfield, op die Pretoria-pad na die Engen-vulstasie, asook in 5de Laan in Northmead.
  • Die tak het ’n ontmoet en groet by die Homesteaddam gehou. Dit was ’n uiters suksesvolle dag waartydens die gemeenskap verskeie rolspelers ontmoet het.

WES-RAND EN VAALDRIEHOEK

Heidelberg

  • Die tak het 18 dae lank slaggate opgevul.
  • Die tak het vier dae lank vullis opgetel.

Krugersdorp

  • Die buurtwag het ’n gesteelde sleepwa teruggevind.

Roodepoort

  • Buurtwaglede het vlak 1- en vlak 2-noodhulpopleiding gedoen.
  • Die tak het 15 bome by Albertsplaas geplant.

Vanderbijlpark

  • Die buurtwag het bystand in Jannie de Waalstraat gelewer deur ’n palmboom wat aan die brand geslaan het te blus.
  • Die buurtwag het hand bygesit deur die plaaslike brandweerdiens te help om ’n huisbrand in Generaal Fronemanstraat te blus.
  • Die buurtwag het ’n veldbrand in die gebied van die Gladwood-kleinhoewes help blus voordat dit ’n woning kon bereik.
  • Die buurtwag het ondersteuning gebied by die Vaal Mall-winkelsentrum nadat ’n man met ’n mes gesteek is. ER24 was ook blitsig op die toneel en die man is uiteindelik in ’n hospitaal opgeneem.
  • Die buurtwag het tussenbeide getree in De Foreststraat nadat inwoners besig was om op mekaar te skiet. Die SAPD is ook later na die misdaadtoneel ontbied.
  • Die buurtwag het hulp aangebied op ’n ongelukstoneel op die hoek van Boswellstraat en Rossiniboulevard deur die verkeer te reguleer. Geen beserings is egter aangeteken nie.
  • Die buurtwag het die owerhede ondersteun op ’n ongelukstoneel op die hoek van Faraday- en Pasteurboulevard deur die verkeer te reguleer. ER24 was ook op die toneel.
  • Die tak het 580 klagtes rakende kragonderbrekings ontvang en dit by die munisipaliteit aangemeld.
  • Die tak het 245 klagtes rakende water- en rioollekkasies ontvang en dit by die munisipaliteit aangemeld.
  • Die tak het help reël aan die Kiewiet Erfenisfees wat op 24 September by die Laerskool Eligwa gehou is. Die fees was ’n reusesukses.
  • Die tak het 0,70 ha gras gesny rondom die substasie in Carpentierstraat. Dié gebied is ook behoorlik skoongemaak.
  • Die tak het 0,82 ha gras gesny in ’n park/veld op die hoek van Jean Webster- en Edgar Wallacestraat.
  • Die tak het 0,66 ha gras gesny by die Jeugland- en Herfsoord-tehuis op die dorp.
  • Die tak het slaggate in Jan van Riebeeckboulevard opgevul.
  • Die tak het slaggate opgevul op die hoek van Bernard Price- en Abraham Krielstraat.

Midvaal

  • Die tak het ’n bemarkingsprojek gehou tydens die Lerato Kinderhuis se familiedag.
  • Die tak het vyf vrugtebome by die Lerato Kinderhuis geplant.

Vereeniging

  • Die tak het ’n skoonmaakprojek by die Vryheidsmonument in die stad gehou.

Westonaria

  • Die tak het 15 klagtes rakende kragonderbrekings ontvang en dit by die munisipaliteit aangemeld.
  • Die tak het nege klagtes rakende waterprobleme ontvang en dit by die munisipaliteit aangemeld.
  • Die tak het vyf klagtes rakende rioolprobleme ontvang en dit by die munisipaliteit aangemeld.

MPUMALANGA

Bethal

  • Die tak se waterpunt kan deur inwoners gebruik word indien die dorp se watertoevoer onderbreek word.
  • Die tak se groentetuinprojek is uitgebrei en nuwe saad is gesaai vir die komende seisoen.
  • Die tak het weekliks in samewerking met Skipgo Teksa 30 vullisdromme in die dorp gediens.
  • Taklede het in samewerking met die plaaslike gemeenskap sowel Blesbok- as Gemsbokstraat herstel.
  • Die tak het in samewerking met gemeenskapslede Kleynhans-, Tsibitso Sibanyoni-, Clerq- en Buffelstraat herstel.

TEKS (Trichardt, Evander, Kinross en Secunda)

  • Die buurtwag het bystand gebied op verskeie ongelukstonele.
  • Die tak het meer as 40 bome geplant.

Delmas

  • AfriForum se Delmas Valke-buurtwag het drie gesteelde voertuie teruggevind met behulp van hulle kameranetwerk.

Middelburg

  • Die tak het algemene jaarvergadering (AJV) gehou.
  • Die tak het ’n bemarkingstalletjie beman en boeresport vir kinders aangebied.

Witbank

  • Die tak het R10 000 aan Solidariteit Helpende Hand se studiefonds geskenk en ’n gaatjie geborg tydens die Helpende Hand Gholfdag.
  • Die tak het verkeerstrepe en spoedhobbels rondom die Laerskool Klipfontein oorgeverf.

Ermelo

  • Die tak het talle slaggate opgevul.
  • Die buurtwag het patrollies tydens beurtkrag gehandhaaf om sigbaarheid te verhoog.

Piet Retief

  • Die tak se jeugvleuel het ’n jeugdag gehou.

Nelspruit

  • Die buurtwag het gereeld patrollies deur die loop van die maand gehou om sigbaarheid te verbeter.
  • Die tak het ’n skoonmaakprojek op die Kaapsehoop-pad van stapel gestuur.
  • Die buurtwag het tydens patrollies op verskeie ongelukstonele uitgehelp met verkeerbeheer en toneelhantering.
  • Die tak het verskeie staproetes in die Steiltes Natuurreservaat skoongemaak.
  • Die tak het 7,3 ton teer as skenking ontvang waarmee sommige van die dorp se paaie herstel is.
  • Die tak het 2 ton vullis in Belladonnastraat verwyder.
  • Die tak het aan AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.
  • Die tak het aan Solidariteit se Vuur en Vlam Erfenisfees-braaikompetisie deelgeneem en die algehele vyfde plek behaal.

Witrivier

  • Die buurtwag het gereeld patrollies deur die loop van die maand gehou om sigbaarheid te verbeter.
  • Die buurtwag het tydens patrollies op verskeie ongelukstonele uitgehelp met verkeerbeheer en toneelhantering.
  • Die buurtwag het nuwe voertuigmagnete ontvang ten einde die buurtwag se sigbaarheid te verbeter.
  • Die tak het aan die Reef 10’s Sportdag deelgeneem; hul krieketspan het tot die kwarteindrondte deurgedring.
  • Die tak het aan AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.
  • Die tak het 3,2 ton teer as skenking ontvang waarmee sommige van die dorp se paaie herstel is.

Lydenburg

  • Die buurtwag het gereeld patrollies deur die loop van die maand gehou om sigbaarheid te verbeter.
  • Die buurtwag het tydens patrollies op verskeie ongelukstonele uitgehelp met verkeerbeheer en toneelhantering.
  • Die tak het ’n stalletjie by ’n plaaslike veiligheidsbewusmakingsdag beman. 
  • Die tak het die dorp se ingang vanaf die Ohrigstad-pad skoongemaak in samewerking met die Lydenburg Sakekamer.
  • Die tak het aan AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.
  • Die tak het 2,5 ton teer as skenking ontvang waarmee sommige van die dorp se paaie herstel is.

Belfast

  • Die tak se noodwaterpunte het suksesvol gefunksioneer tydens watertekorte in die dorp.
  • Die tak se vullisdromprojek help om die dorp skoon en netjies te hou.
  • Die tak het aan AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem. 

Machadodorp

  • Die buurtwag het gereeld patrollies deur die loop van die maand gehou om sigbaarheid te verbeter.
  • Die tak het aan AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.
  • Die tak het 3,2 ton teer as skenking ontvang waarmee sommige van die dorp se paaie herstel is.

Malelane

  • Die buurtwag het gereeld patrollies deur die loop van die maand gehou om sigbaarheid te verhoog.

Dullstroom

  • Die tak het aan AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.
  • Die tak het ’n projek van stapel gestuur wat die identifisering van slaggate behels sodat daar eersdaags met slaggatherstelprojekte begin kan word.

LIMPOPO

Ellisras

  • Die tak het aan AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.
  • Die tak het twee blasers, een kettingsaag en een brandbestrydingstoestel aangekoop.
  • Buurtwaglede was vir die sekuriteit verantwoordelik tydens die skool se graad 12-dans.
  • Die buurtwag het gehelp om brande in die dorp te bestry.
  • Die buurtwag het gehelp om drie plaasbrande onder bedwang te bring.

Pietersburg

  • Die tak het aan AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.
  • Die tak het 12 spekbome by twee verskillende skole aangeplant.
  • Die tak het twee blasers aangekoop.
  • Die tak het water vir gemeenskapslede aangery.

Tzaneen

  • Die tak het aan AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.
  • Taklede het ’n nuwe voorsitter en administratiewe persoon verkies.
  • Die tak het aansoek gedoen om die dorp se geïntegreerde ontwikkelingsplan (GOP) te bekom.
  • Die buurtwag het T-hemde vir sy lede aangekoop.

Thabazimbi

  • Die tak het aan AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

Messina

  • Die buurtwag het gereeld patrollies gehou om sigbaarheid te verhoog.
  • Buurtwaglede het die skool deurlopend beveilig.
  • Die buurtwag het bystand verleen deur plaasbrande te help blus.
  • Die buurtwag het gewapende rowers op ’n plaas aangekeer.

SENTRAALSTREEK

VRYSTAAT

MOOIRIVIER

Algemeen

  • Die volgende takke het aan AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem: Bothaville, Heilbron, Parys, Sasolburg en Viljoenskroon.

Bothaville

  • Die buurtwag het 90 patrollies deur die loop van die maand gehou om sigbaarheid te verhoog.
  • Die tak het ’n strafregtelike klagte teen die munisipale bestuurder aanhangig gemaak oor die rioolstorting in die Valsrivier.

Heilbron

  • Die tak het die historiese bome op die skoolterrein gesnoei.
  • Die tak het in samewerking met die munisipaliteit slaggate in Piercestraat opgevul.
  • Die tak het 30 bome by die skool geplant as deel van AfriForum se boomplantmaandprojek.

Parys

  • Die tak het ’n stalletjie by die Blikkiesfees op die dorp beman.
  • Die buurtwag het 20 patrollies deur die loop van die maand gehou om sigbaarheid te verhoog, veral tydens beurtkrag.

Sasolburg

  • Die tak het 16,8 ha gras gesny en ’n gebied van 1,3 ha skoongemaak.
  • Die tak het 22 straatligte se gloeilampe vervang en 15 ander foute by die munisipaliteit aangemeld.

Viljoenskroon

  • Die tak het inspeksie gedoen met betrekking tot rioolstortings en positiewe bevindings daaroor gemaak.

NOORDWES

MOOIRIVIER

Algemeen

  • Die volgende takke het aan AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem: Klerksdorp, Potchefstroom, Stilfontein, Ventersdorp en Wolmaransstad.

Hartbeesfontein

  • Die buurtwag het twee van sy lede vir protospanopleiding gestuur en een lid vir traumavrywilligeropleiding.
  • Die buurtwag het groenteplante aan die plaaslike ouetehuis geskenk vir hulle groentetonnel.

Potchefstroom

  • Die buurtwag het daagliks patrollie gery; 179 patrollies is tussen 23 Augustus en 22 September gehou waarby 199 aktiewe patrolleerders betrokke was. Altesaam 6 170 km is in 675 manure afgelê.
  • Taklede het talle plaaslikeregeringsakekwessies met die munisipaliteit bespreek.
  • Die tak het 26,17 m² se slaggate met 207 sakke teer opgevul.
  • Die tak het tien indringerbome in Alexanderpark afgesaag.
  • Die tak het 20 indringerbome in die vloei van die Mooirivier, onderkant die Mooirivier Mall-winkelsentrum, afgesaag en met onkruiddoder behandel.

Stilfontein

  • Die tak se plaaslikeregeringsakeverteenwoordiger het konstant druk op die munisipaliteit geplaas om oplossings vir probleme in die dorp te vind.

Ventersdorp

  • Die buurtwag het ekstra patrollies tydens beurtkrag gery om sigbaarheid te verhoog en kabeldiefstal te verhoed.

MARICO

Mooinooi

  • Die tak het agt bome langs die skool se rugbyveld geplant. Daarna het taklede deur die dorp se strate geloop en vullis opgetel.

Rustenburg

  • Die tak het voortgegaan met sy volhoubare skoonmaakprojek. Nagenoeg 6 ha gras is gesny, terwyl tien vragte tuinvullis ook weggery is. Daar is veral gefokus op Pendoringlaan, Klopperstraat, Keurboomlaan en Kloofweg.

Lichtenburg

  • Die tak het voortgegaan met sy volhoubare slaggatherstelprojek. Ongeveer 13,5 ton teer is gebruik om 520 slaggate op te vul. Daar is veral gefokus op Buchananstraat (naby die Laerskool Lichtenburg), Beyers Naudérylaan (langs die Total-vulstasie op die Koster-pad), Transvaalstraat (langs Hans Nel Bande) en Kerkstraat.

Brits

  • Thys Fourie en sy hond Shelby is bekende gesigte in die dorp aangesien Thys daagliks straatname en -nommers oorverf. Thys het voorheen verf in 1 liter-bottels gegooi en in sy rugsak rondgedra, wat alreeds swaar van sy en Shelby se kos en water was. Die beperking in verf en gewig wat hy kon dra het dit vir hom baie moeilik gemaak om produktief te wees en dus meer geld te verdien. Die tak het Thys se behoeftes raakgesien en besluit om ’n fiets en waentjie aan hom te skenk sodat sy daaglikse take vergemaklik word.
  • Taklede het saam met die leerders van die Laerskool De Kroon twee witstinkhoutbome geplant ter ondersteuning van AfriForum se boomplantmaandprojek. Die tak bedank al die onderwysers en leerders wat geesdriftig geluister, geleer en aan die aksie deelgeneem het.

STELLALAND

Algemeen

  • Die buurtwagte in Christiana, Delareyville en Vryburg het hard gewerk om sigbaarheid in hul onderskeie dorpe te verhoog. Buurtwaglede het deurlopend die betrokke dorpe se woonbuurte gepatrolleer om sigbaarheid te verhoog en sodoende tot ’n veiliger omgewing in hul gemeenskappe by te dra.
  • Die takke in Bloemhof, Christiana, Delareyville, Schweizer-Reneke, Sannieshof, Ottosdal, Hertzogville en Vryburg het aan AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem. Hierdie projek behels die toets van die onderskeie dorpe se drinkwater, asook die behandelde rioolwater wat terug in die stelsel geplaas word.
  • Die takke in Vryburg en Delareyville het ook aan AfriForum se nasionale boomplantmaandprojek deelgeneem. Taklede het altesaam 12 bome by talle skole en tehuise geplant, waaronder die CVO Skool Vryburg, die Voorbereidingskool Vryburg, die Laerskool Vryburg, die Hoërskool Vryburg en die tehuis vir bejaardes in Delareyville. AfriForum se takbestuurslede bedank graag die individue wat na die bome omsien wat reeds verlede jaar geplant is.

KWAZULU-NATAL

Algemeen

  • Die takke in die noorde van die provinsie – Newcastle, Utrecht, Vryheid, Paulpietersburg, Pongola en Dundee – het opleiding in slagofferondersteuning ontvang
  • Alle AfriForum-takke in KZN het aan die organisasie se blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

Pinetown

  • Die tak het bome geplant ter nagedagtenis aan Julia Fourie wat tydens die oorstromings in April 2022 gesterf het.

Pongola

  • Die tak het ’n projek van stapel gestuur om die plaaslike polisiestasie te verfraai.
  • Die tak het aan AfriForum se boomplantmaandprojek deelgeneem.

Margate

  • Die tak het sy jaarlikse gemeenskapsvergadering gehou en terselfdertyd ’n nuwe takbestuur verkies om die tak te lei.

Newcastle

  • Die tak het ’n dringende vergadering met die Newcastle Plaaslike Munisipaliteit belê waartydens rioolprobleme bespreek is.

Amanzimtoti

  • Die tak het ’n strafregtelike klagte teen die eThekwini-metro aanhangig gemaak met betrekking tot rioolbesoedeling in die Winklespruit-strandmeer.
  • Die tak het die eThekwini-metro by die menseregtekommissie (MRK) verkla oor al die rioolbesoedeling waarvoor die metro verantwoordelik is.
  • Die tak het met gemeenskapslede vergader oor die moontlikheid om ’n buurtwag te stig.

Paulpietersburg

  • Die tak het beplanning gedoen om ’n gevorderde kamerastelsel te implementeer.

SUIDSTREEK

NOORD-KAAP

Bo-Karoo

  • Die Orania-buurtwag en Strydenburg-plaaswag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.

Kimberley

  • Die Kimberley-buurtwag en Modderrivier-plaaswag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.

Vaalharts

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.

Kamieskroon

  • Die tak het gereeld die dorp se strate skoongemaak en vullis na die vullisterrein weggery.
  • Die tak het baie druk op die Kamiesberg Plaaslike Munisipaliteit geplaas oor die watertekort in die dorp, die haglike toestand van die dorp se paaie en die riool wat steeds in die strate vloei.
  • Die tak het deurlopend water-, krag- en rioolprobleme aan die Kamiesberg Plaaslike Munisipaliteit se inbelsentrum deurgegee sodat herstelwerk kan plaasvind.

Kathu

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het gereeld Fit-It se parkeerterrein skoongemaak en die bome wat taklede in die parkeerterrein geplant het met water natgelei.
  • Die tak het deurlopend water-, krag- en rioolprobleme aan die Gamagara Plaaslike Munisipaliteit se inbelsentrum deurgegee sodat herstelwerk kan plaasvind.
  • Die tak het 12 matrasse, ’n warmwaterketel en ’n mikrogolfoond aan die Kathu-brandweerdiens geskenk.
  • Die tak het op twee geleenthede die plaaslike brandweerdiens se brandweerwaens se bande laat regmaak nadat die brandweerwaens brande in rowwe terrein moes blus.
  • Die tak het aan AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.
  • Die tak het bome by ’n kleuterskool op die dorp geplant.

Keimoes

  • Die Grootoog-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het weekliks die dorp se hoofstraat en die gebied rondom die waterwiel (wat tot ’n nasionale monument verklaar is) skoongemaak, vullis na die vullisterrein weggery, gras gesny en beddings skoongemaak.
  • Die tak het die badkamers by die waterwiel wat vir toeriste bedoel is, skoongemaak.
  • Die tak het gras gesny, bome gesnoei en algehele instandhoudingswerk verrig by twee parke in die dorp.
  • Die tak het deurlopend water-, krag- en rioolprobleme aan die Kai !Garib Plaaslike Munisipaliteit se inbelsentrum deurgegee sodat herstelwerk kan plaasvind.
  • Die tak het aan AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.
  • Die tak het bome en vetplante op die middelman van die dorp se hoofstraat geplant.
  • Taklede het gehelp om verskeie brande in die omgewing te blus.

Kuruman

  • Die Kuruman- en Bankhara-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die tak het druk op die Ga-Segonyana Plaaslike Munisipaliteit uitgeoefen rakende pad-, water- en rioolprobleme op die dorp.
  • Die buurtwag het die SAPD en ander veiligheidsrolspelers gehelp om misdaad in die dorp te bekamp.
  • Ga-Segonyana Plaaslike Munisipaliteit se inbelsentrum deurgegee sodat herstelwerk kan plaasvind.

Springbok

  • Die tak het ’n park en aangrensende straat skoongemaak en vullis na die vullisterrein weggery.
  • Die tak het aan AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.
  • Die tak het druk op die munisipaliteit uitgeoefen oor die haglike toestand van die dorp se paaie.
  • Die tak het aan AfriForum se nasionale boomplantmaandprojek deelgeneem.
  • Die tak het saam met die Nama Khoi Plaaslike Munisipaliteit gewerk om die dorp se verval te keer.
  • Die tak het deurlopend water-, krag- en rioolprobleme aan die Nama Khoi Plaaslike Munisipaliteit se inbelsentrum deurgegee sodat herstelwerk kan plaasvind.
  • Die tak het saam met die Nama Khoi Plaaslike Munisipaliteit gewerk om die plaaslike vullisterrein te rehabiliteer.

Upington

  • Die tak het deurlopend probleme met gebarste varswaterpype aan die Dawid Kruiper Plaaslike Munisipaliteit deurgegee sodat herstelwerk kan plaasvind.
  • Die tak het deurlopend rioolprobleme aan die Dawid Kruiper Plaaslike Munisipaliteit deurgegee sodat herstelwerk kan plaasvind.
  • Die tak het baie steun van die publiek ontvang nadat hulle ’n waarskuwingsbord wou oprig, maar die Dawid Kruiper Plaaslike Munisipaliteit hulle verhoed het om dit te doen. Die munisipaliteit versuim egter al jare om ’n waarskuwingsbord – wat uiters noodsaaklik is – op te rig.

Williston

  • Die tak het aan AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.
  • Die tak het aan AfriForum se nasionale boomplantmaandprojek deelgeneem en bome by die Laerskool Nico Bekker geplant.
  • Die tak het legkaarte en boeke aan die ouetehuis op Williston geskenk.

Kakamas

  • Die tak het aan AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.
  • Die tak het aan AfriForum se nasionale boomplantmaandprojek deelgeneem en bome by die plaaslike hoërskool en ouetehuis geplant.

OOS-KAAP

Aliwal-Noord

  • Geen

Elliot

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.

Cradock

  • Die tak het aan AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.
  • Die tak het drie bome geplant as deel van AfriForum se nasionale boomplantmaandprojek.

Gamtoosvallei

Jeffreysbaai

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Buurtwaglede het aan die Kouga Plaaslike Munisipaliteit se werkswinkel oor veiligheidsplanne deelgeneem.
  • Die buurtwag het vyf van sy lede op die kursus vir operasionele spanleiers gestuur en vyf lede op die kursus vir inligtingspanleiers.

Oos-Londen

  • Die tak het aan AfriForum se nasionale boomplantmaandprojek deelgeneem en as deel daarvan bome én gras by ’n nuwe skool geplant.
  • Die tak het aan AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

Port Elizabeth

  • Die Walker Drive-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het drie van sy lede gestuur om opleiding in vrywillige opleidingskorps (VOLK) by te woon. Danksy die kwalifisering van dié drie lede het die tak begin om sy opleidingskapasiteit te vestig.
  • Die tak het die Broadwood-buurtwag gestig.
  • Die Walker Drive-buurtwag het ’n uiters suksesvolle veiligheidsbewusmakingsdag aangebied.
  • Die tak het met die nuwe burgemeester van die Nelson Mandelabaai-metro vergader.
  • Die tak het aan AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem en watertoetse in Blouwaterbaai, Morningside, Broadwood en Sherwood uitgevoer.

WES-KAAP

De Doorns

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die buurtwag het verskeie hommeltuigvlugte onderneem waartydens hulle die SAPD en ander veiligheidsrolspelers in die uitvoering van hul pligte ondersteun het.

Helderbergkom

  • Die tak het aan AfriForum se nasionale boomplantmaandprojek deelgeneem waartydens bome by verskeie skole in die omgewing geplant is, asook by die SAPD se kantoor in Gordonsbaai.
  • Die tak het aan AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

Kaapstad-Noord

  • Die Bellville-buurtwag en Philippi-plaaswag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die tak is gedurig besig met die skoonmaak en opruim van parke en oop ruimtes.
  • Die tak het aan AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.
  • Die tak het altesaam 20 vrugtebome geplant, waaronder appel-, peer-, pruim-, nartjie-, lemoen-, nektarien- en appelkoosbome. ’n Klomp kratte waarin die vrugte tydens oestyd gestoor kan word is ook aan die groep Jesus in Aksie (JiA) oorhandig.

Kraaifontein

  • Die tak het skoonmaakprojekte in die parke en oop ruimtes langs die hoofroetes gehou. 
  • Die tak het aan AfriForum se nasionale boomplantmaandprojek deelgeneem en bome by parke en spekbome in wonings se tuine geplant.
  • Die tak het aan AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

Malmesbury

  • Die Rondeberg-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het aan AfriForum se nasionale boomplantmaandprojek deelgeneem en wilde olyfbome by sowel die Swartland Plaaslike Munisipaliteit se kantore as by Malmesbury se stadsaal geplant.
  • Die tak het aan AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

Overstrand

  • Die Stanford- en Hemel-en-Aarde-plaaswag, asook die Alfa-, Fisherhaven- en Pearly Beach-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die tak het vele suksesse behaal danksy hulle protospan en hommeltuig. 
  • Die tak het talle kwessies met die munisipaliteit bespreek, waaronder die kringtelevisiekameraprojek, asook geboue wat onwettig op erwe in Perlemoenbaai opgerig is.
  • AfriForum se regsafdeling het skrywes aan die Overstrand Plaaslike Munisipaliteit gerig rakende die eensydige verandering van verordeninge rakende die implementering van kringtelevisie- en LPR-kamerawetgewing.
  • Die tak het ’n gala-aand gehou met Kallie Kriel as gasspreker. Voormalige skrywers, digters, rolprentvervaardigers en wynmakers is ook vereer vir hul rol in die bevordering van Afrikaans.
  • Adv. Gerrie Nel het ’n praatjie in die Sandbaai-saal gelewer. Hierdie geleentheid het baie mense getrek.
  • Die tak het permanente vullisdromme in Hermanus aangebring.

Paarl

  • Die tak het 12 bome by die Laerskool Noord-Eind geplant.
  • Die tak het aan AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

Stellenbosch

  • Die tak het ’n dans én veiling gehou as fondsinsamelingsgeleenthede vir die aankoop van ’n hommeltuig.
  • Buurtwaglede het studente tydens ’n laataandfunksie beveilig.
  • Die tak het aan AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

Strand

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het gedurig uitreikingsaksies in die gemeenskap gehou om veral ouer mense en behoeftige persone by te staan.

Vredendal

  • Die Holrivier-, Koekenaap-, Vredendal-, Spruitdrif-, Lutzville-, Kleinrivier-, Nuwerus- en Trawal-plaaswag, asook die Lutzville- en Vredendal-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die tak het die Draaihoek-buurtwag gestig.
  • Die tak het die kwessie rondom die verhoging van die Clanwilliamdam se wal by AfriForum Omgewingsake aangemeld. Dié afdeling ondersoek tans die aangeleentheid.
  • Die tak het aan AfriForum se nasionale boomplantmaandprojek deelgeneem.
  • Die tak het aan AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

Weskus

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak was aktief betrokke by die skoonmaakprojek op die strand en het ook borde opgerig wat AfriForum se beeld versterk.
  • Die tak was betrokke by talle bewusmakingsaksies rondom Boomplantdag, waaronder die aanbring van naambordjies by elke plant op die staproete. Die tak het ook bome geplant en ’n lentedagstaptoer én trekkerrit deur die veld gehou.
  • Die tak het aan AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

Worcester

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het aan AfriForum se nasionale boomplantmaandprojek deelgeneem en talle aktiwiteite op Erfenisdag aangebied. Die tak het ook nartjiebome en kompos aan lede van die publiek uitgedeel wat aan die tak se kompetisie deelgeneem het.   
  • Tydens die tak se kompetisie op Nasionale Braaidag het taklede lemoenbome en kompos aan lede van die publiek uitgedeel.
  • Die tak het aan AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

George

  • Drie plaaswagte en een plotwag in die omgewing het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die tak het namens die gemeenskap ’n skrywe aan dr. Ian Phillips van die Departement van Water en Sanitasie gerig om antwoorde te eis ten opsigte van verskeie wateraansoeke wat afgekeur is. Die omstandighede hier rondom is baie verdag en daarom is besluit om ’n brief te skryf.

Hessekwa

  • Die Riversdal-buurtwag en Albertinia-plaaswag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die Riversdal-buurtwag en Albertinia-plaaswag het die tak se hommeltuig gebruik en deelgeneem aan ’n soektog na ’n verdagte wat verantwoordelik is vir ’n dubbele moord op twee minderjariges. Die verdagte is suksesvol aangekeer en in hegtenis geneem.
  • Die tak het deur die loop van die maand twee van sy lede op ’n kursus vir inligtingspanleiers gestuur, asook twee lede op ’n kursus vir hommeltuigvlieëniers (PPC-kursus).

Kaap Agulhas

  • Die tak het nege duursame vullisdromme langs die wandelroete teen die strand af én in die hawegebied van Struisbaai aangebring.
  • Die tak het die vissersgemeenskap bygestaan in hul stryd om hengellisensies te bekom.
  • Die tak het aan AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

Mosselbaai

  • Die Herbertsdale- en Brandwag-plaaswag, asook die Groot Brak- en Glentana-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig. 
  • Die tak se jeugvleuel het vyf suurlemoenbome by Hart & Bosch Village geplant.
  • Die tak het 21 koorsbome in samewerking met die Mosselbaai Plaaslike Munisipaliteit in Apiesdoringstraat se park in Heiderand geplant. Raadsheer Dirk Kotze, die burgemeester, direkteur Nel en twee ander raadslede het die geleentheid bygewoon en self ook ’n boom geplant.
  • Die tak het aan AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem. Die Mosselbaai Plaaslike Munisipaliteit het die tak vergesel tydens die uitvoering van die watertoetse. Drie rioolsuiweringswerke, een watersuiweringsaanleg én drinkwater is getoets; die uitslae het daarop gedui dat al bogenoemde binne aanvaarbare perke is.
  • Die tak het as deel van sy #OnsDorp-projek met die opgradering van die Midbrak-wandelroete begin. Die projek sluit die volgende in:
    • ’n Kennisgewingbord is opgerig by die uitkykpunt oor die baai van Mosselbaai by die beginpunt van die Grysboklaan-ingang tot die wandelpad.
    • Vier kennisgewingsplakkers is op die naamborde by al drie die ingange tot die wandelpad aangebring.
    • Gekleurde rigtingaanwysers is by al die aansluitings aangebring in ooreenstemming met die kleure van die onderskeie roetes.
  • Die tak het aan Internasionale Strandskoonmaakdag deelgeneem en Midbrak se strande skoongemaak.

Oudtshoorn

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het deur die loop van die maand sinvolle gesprekke met die burgemeester en raadslede gevoer.
  • Taklede het ’n ete en praatjie deur dr. Theo de Jager, uitvoerende direksievoorsitter van Saai, bygewoon. Die praatjie het gehandel oor volhoubare landbou.
  • Die tak het ’n buurtwag op De Rust gestig.
  • Die tak het 120 vrugtebome onder 11 skole in Oudtshoorn, De Rust en Dysselsdorp versprei as deel van AfriForum se nasionale boomplantmaandprojek. Die onderskeie skole is self verantwoordelik vir die plant van die bome.
  • Die tak het ’n bemarkingsaksie by die Oudtshoorn Gholfbaan gehou.
  • Die tak het die Oudtshoorn Plaaslike Munisipaliteit se vergadering oor sy geïntegreerde ontwikkelingsplan (GOP) bygewoon.
  • Die tak het aan AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem en bevind dat Oudtshoorn se drinkwater skoon en geskik is vir menslike gebruik, dat die gesuiwerde rioolwater by die waterpunt vir gebruik in tuine skoon en geskik is vir gebruik in tuine, maar dat die watermonster uit die rioolwerke se afloop na die rivier besmet is.

Robertson

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.

Swellendam

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Taklede het as deel van AfriForum se nasionale boomplantmaandprojek vyf vrugtebome by die Swellendam Sekondêre Skool geplant, vyf vrugtebome by die Olyfkrans Kollege geplant en drie inheemse bome by Masbiekersbos geplant.

Soortgelyke plasings