|

Brits-buurtwaglede ontvang opleiding

Die AfriForum-buurtwag in Brits het op 29 April opleiding in toneelhantering by Hennier Barnard ontvang. Die toneelhantering is aan verskeie sektorleiers aangebied wat die inligting dan aan die res van die buurtwaglede sal kommunikeer.

Volgens Armand Viljoen, AfriForum se distrikskoördineerder vir Marico, is die opleiding van kardinale belang om te verseker dat AfriForum se buurtwaglede die beste toegerus is om gemeenskappe by te staan om misdaad in die omgewing te beveg.

“Ons werk graag saam met die polisie en ander veiligheidsinstansies en beplan om hierdie opleiding na al ons buurtwaglede in die area uit te brei,” sê Viljoen.

AfriForum nooi graag die gemeenskap om by dié buurtwag aan te sluit en op hierdie manier betrokke raak om ’n verskil in die dorp te maak en misdaad te bekamp: SMS “Brits” na 45344 (R1).

Soortgelyke plasings