|

Centurion en Groter Moot-takke maak saam ’n verskil

AfriForum se Centurion en Groter Moot-takke het op 19 Augustus die toegegroeide rante in Trichardstraat (M10) tussen Kruger- en Smutslaan oopgesny en takke verwyder. Hierdie is ’n hoofstraat in Kloofsig en moet netjies gehou word ten einde by te dra tot padverbruikers se veiligheid.

Die lang gras en takke wat los lê maak dit gevaarlik vir motoriste en voetgangers omdat dit tot teen die pad groei en sig belemmer – dit dien ook as ’n skuilplek vir boosdoeners. 

“Hierdie AfriForum-takke pak gereeld selfdoenaksies, soos hierdie, aan om algemene probleme in die gemeenskap op te los en ’n positiewe bydrae tot die gemeenskap te maak,“ sê Sampie Steinberg, distrikskoördineerder vir Groter Pretoria-Noord.

“AfriForum se Centurion-tak is  altyd gereed om ons kant te bring om die omgewing skoon en netjies te hou. Ons as gemeenskap moet trots wees op ons omgewing en daarom kan ons nie terugdeins wanneer ons sien ingryping is nodig nie,” sê André de Bruyn, voorsitter van AfriForum se Centurion-tak.

Raak vandag nog by AfriForum se Centurion en Groter Moot tak betrokke by www.wordlid.co.za

Soortgelyke plasings