|

Sasolburg-tak gee erkenning aan donateurs

Die AfriForum-tak in Sasolburg het gedurende verlede week erkenning gegee aan donateurs wat dit vir hulle moontlik maak om die goeie werk wat hulle in die gemeenskap doen, vol te hou. Daar is sertifikate van verdienstelikheid aan die volgende persone en ondernemings oorhandig: Amanda Liebetrau van QPS Rentals vir die borg van verhoogdewerkplatformvoertuie (cherry pickers) vir die herstel van straatligte; Ina Dippenaar van SOS Printers & Signs vir die opstel en druk van straatkaarte vir Vaalpark, en Mohammed Saad Covadia van Riemland Caltex vir die borg van tweeslagolie en verversings gedurende skoonmaakprojekte.

“Hierdie klein blyk van waardering is baie belangrik. Die donasie is dalk nie vir die onderneming iets groot nie, maar dit maak die tak se werk makliker en dit is geld wat nie uit die takfondse hoef te kom nie,” sê Alta Pretorius, distrikskoördineerder van Mooirivier.

Volgens Johan Cooks, voorsitter van die Sasolburg-tak, is die tak baie dank verskuldig aan mense en ondernemings in Sasolburg wat gereeld donasies gee en die mense wat so hard werk, bederf met verversings.

As jy graag betrokke wil raak by die Sasolburg-tak se projekte, kontak Cooks gerus by 083 230 9073. 

Soortgelyke plasings