|

Douglas-tak sorg dat die lig skyn by Huis Spes Bona-gemeenskap

In Suid-Afrika waar die ligte meer af as aan is en talle gemeenskappe daagliks byna in totale donker gehul is weens beurtkrag en ander kragprobleme. AfriForum se lig jou straat-projek het ten doel om sonkragligte in verskeie gemeenskappe aan te bring sodat hulle nie in donker hoef te verkeer nie.

Die AfriForum-tak in Douglas het onlangs die Huis Spes Bona-gemeenskap toegerus met sonkragligte sodat dié gemeenskap nie heeltemal in die donker gelaat word wanneer die krag afgaan nie. Die sonkragligte is omgewingsvriendelik en bespaar op kostes aangesien dit nie nodig is om batterye te vervang sodat die ligte kan werk nie. Verder het dié tak ook vars groente aan die Huis Spes Bona-gemeenskap gelewer.

“Elkeen van ons speel ’n belangrike rol om sterk, onafhanklike gemeenskappe te bou. Deel daarvan is om uit te reik na gemeenskappe wat ons hulp nodig het. Saam kan ons onafhanklike gemeenskappe bou wat bereid is om self ’n verskil in hulle gemeenskappe te maak eerder as om te wag vir die regering,” sê Lize-Mari van der Linden, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Karoo.

Sluit vandag by jou plaaslike AfriForum-tak aan en help só om ’n daadwerklike verskil in jou gemeenskap te maak. Besoek www.wordlid.co.za vir meer inligting.

Soortgelyke plasings