|

Oudtshoorn-buurtwagte verhoog sigbaarheid

AfriForum se Oudtshoorn-buurtwag het op Vrydag 25 November in samewerking met die Oudtshoorn SAPD, die munisipale verkeersdepartement, verskeie wetstoepassers en sekuriteitsmaatskappye vanaf 18:00 ’n massapatrollie gehou.

Terselfdertyd het die De Rust-buurtwag, wat onlangs gestig is en ook onder die Oudtshoorn-tak resorteer, bewustheid in hul omgewing bevorder deur hul eie massapatrollie in De Rust te hou.

Die De Rust-buurtwag het die vorige aand opleiding in regsaspekte vir patrolleerders ontvang.

“AfriForum se Oudtshoorn-buurtwag het sektore in Wesbank, Oudtshoorn-Noord, Volmoed, Lategansvlei en Rooiheuwel wat voortdurend projekte aanpak en gereeld patrollies hou om misdaad in samewerking met die plaaslike SAPD en ander veiligheidsinstansies hok te slaan. De Rust is nou ook deel van die groter span,” sê David Olivier, distrikskoördineerder vir die Suid-Kaap.

Raak vandag nog by AfriForum se buurtwagte betrokke. Jy kan help om jóú omgewing te beveilig: SMS “Buurtwag” na 45353 (R1).

Soortgelyke plasings