|

Groente bring hoop vir Huis Frank du Toit

Die AfriForum-tak in Prieska het gedurende Maart vars groente – waaronder botterskorsie, aartappels, wortels, beet en uie – aan Huis Frank du Toit geskenk wat gaan sorg vir heerlike gesonde maaltye vir die bejaarde inwoners.

Die groente is by ’n plaaslike supermark aangekoop.

“Dit groenteskenking is ’n klein gebaar, maar dit kan baie help om die lewenskwaliteit vir hierdie individue te verbeter. Groente is ’n noodsaaklike deel van ’n gesonde dieet,” sê Lize-Mari van der Linden, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Karoo.

“Die skenking was ’n heerlike verrassing vir die inwoners van Huis Frank du Toit. Dit is belangrik om vir die bejaarde inwoners van die gemeenskap te sorg, veral vir diegene wat geen familie of ondersteuning het nie.”

Soortgelyke plasings