|

Ermelo-buurtwag bied huis-en-haard-opleiding aan tydens nasionale patrollie

Op 19 April het AfriForum se Ermelo-buurtwag huis-en-haard-opleiding vir die gemeenskap aangebied as deel van dié organisasie se nasionale patrollie.

Die doel van die nasionale patrollie is om soveel as moontlik van AfriForum se buurtwagte te aktiveer om sigbaarheid te verhoog. Privaat sekuriteitsmaatskappye en plaaslike polisie word ook genooi om deel te wees van hierdie grootskaalse sigbaarheidspatrollie.

Die Ermelo-buurtwag het die huis-en-haard-opleiding aan die begin van die aand aangebied, die opleiding behels onder meer ’n oorsig van misdaadtendense en wenke om hul huise te beveilig. 

Ná die opleiding het die buurtwaglede en ander gemeenskapslede tot 01:00 die volgende oggend patrolleer. Geen ernstige insidente is aangemeld nie.

“Ons moedig die gemeenskap aan om by die buurtwag in hulle omgewing betrokke te raak. Ons moet self verantwoordelikheid vat vir ons veiligheid,” sê Jaco van der Merwe, voorsitter van AfriForum se Ermelo-tak. “

Raak vandag nog by jou naaste tak betrokke om saam te bou, besoek www.wordlid.co.za.

Soortgelyke plasings