| |

Standerton-buurtwag sluit nóg onwettige ondernemings

Die AfriForum-buurtwag in Standerton het op 19 April in samewerking met die plaaslike Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) en die Departement van Binnelandse Sake onwettige ondernemings in dié dorp en omliggende areas gesluit.

Tydens dié operasie is verskeie winkels in Sakhile, Standerton, en Thuthukani geïnspekteer en dokumente is nagegaan. Agt ondernemings is uiteindelik gesluit weens nie-nakoming van regulasies.

“Onwettige ondernemings soos hierdie ondermyn ons plaaslike ekonomie en veroorsaak dat wettige plaaslike ondernemings swaarkry. Dit skep ook baie keer ’n geleentheid vir gesteelde goedere om op só wyse verhandel te word en daarom moet ons teen onwettige ondernemings optree,” sê Leon Enslin, voorsitter van AfriForum se Standerton-tak.

Die Standerton-tak het ook intussen die Voetspore-monument skoongemaak. Dié monument is meer as vyf jaar gelede deur die tak aangeneem en word deurlopend onderhou. Die gras rondom die monument word ondermeer gesny en die vullis om die monument word ook opgetel.

“Projekte soos hierdie is belangrik om ons erfenis te beskerm en ons sal voortgaan om projekte soos hierdie aan te pak,” sluit Enslin af.

Sluit vandag nog by die Standerton-tak aan by www.wordlid.co.za en volg hul aksies op hul Facebook-blad.

Soortgelyke plasings