| |

Garsfontein-Faerie Glen-tak se noodwaterpunt bring verligting aan honderde gemeenskapslede

Die noodwaterpunt wat in Junie vanjaar deur AfriForum se Garsfontein-Faerie Glen-tak opgerig is, het onlangs tydens Rand Water se instandhoudingswerk verligting verseker. Die noodwaterpunt het in hierdie tyd byna 70 000 liter water aan tot 1 500 persone verskaf.

Talle buurte in die ooste van Pretoria se krane is weens Rand Water se instandhoudingswerk sonder droog gelaat en die gemeenskap het met hul hande in hul hare gesit. Die instandhoudingswerk moes gedoen word, maar die frustrasie wat dit vir die gemeenskap veroorsaak het was verstaanbaar.

“Die herstelwerk wat verrig is dui daarop dat Rand Water beplan om te verseker dat daar in die behoefte van watergebruikers voorsien word. Ons het begrip vir die gemeenskap se frustrasie oor ’n gebrek aan water, maar ons hoop dat ons noodwaterpunt in tye soos hierdie kan help om die frustrasie so klein bietjie meer draaglik te maak,” aldus Dewet Ungerer, AfriForum se distrikskoördineerder vir groter Pretoria-Suid.

Die noodwaterpunt is geleë by die NG-kerk Valleisig in Faerie Glen en sal oop wees vir die publiek in tye van nood. Volgens Ungerer sal ander areas vir die oprig van noodwaterpunte nog identifiseer word om verder aan die behoeftes van die gemeenskap te voldoen.

Besoek www.wordlid.co.za of kontak Ungerer by dewet.ungerer@afriforum.co.za om by AfriForum se Garsfontein-Faerie Glen-tak betrokke te raak.

Soortgelyke plasings