|

AfriForum reg vir klasaksie om NGV te stop

AfriForum maak reg vir ’n klasaksie teen die regering, president Cyril Ramaphosa, die parlement en die minister van Gesondheid, Joe Phaahla, vir die skade wat Suid-Afrikaners gaan ly onder die onbekostigbare Nasionale Gesondheidsversekering-beleid (NGV). AfriForum het dít in ’n regsbrief bevestig wat by die Uniegebou oorhandig is.

AfriForum gaan vervolgens spoedig ’n dagvaardiging uitreik saam met ’n tussentydse aansoek vir die tersydestelling van die implementering van die wet, hangende die voltooiing van die klasaksie.

Volgens Louis Boshoff, veldtogbeampte by AfriForum, is die doel van die hofgeding om NGV te stuit en ook diegene wat verantwoordelik is vir hierdie destruktiewe beleid dwing om die gevolge van hul ondeurdagte optrede te dra.

Boshoff het ook sy teleurstelling uitgespreek dat Ramaphosa nie self die media te woord gestaan het nie. “As die regeringshoof bereid is om ’n nuwe wet te bekragtig, is hy veronderstel om goed genoeg daarin onderlê te wees om sy besluit in die openbaar te verdedig. Tog sien Ramaphosa nie kans daarvoor nie.”

Soortgelyke plasings