|

AfriForum se Middelburg-buurtwag help met waterverspreiding

Die AfriForum-buurtwag in Middelburg het op Sondag 17 Oktober gehelp om water te versprei tydens onderbrekings in dienslewering as gevolg van munisipale stakings.

Die sloerende munisipale stakings veroorsaak onnodige onderbrekings in basiese dienslewering wat die gemeenskap noop om self met oplossings vorendag te kom. Hierdie aksie is in samewerking met die Sektor 3 en 4-radiogroepe asook die Middelburg GPF uitgevoer.

Buurtwaglede het tydens hierdie aksie nie net water versprei nie maar ook reg gestaan om vragmotors en vragmotorbestuurders te beskerm terwyl water versprei is. Die buurtwaglede het ook inligting oor verdagte persone en voertuie in die omgewing aan die plaaslike SAPD deurgegee.

“Gemeenskappe soos hierdie wat eienaarskap neem en hul probleme self oplos is ’n voorbeeld vir die pad vorentoe. Munisipale stakings ontneem mense van hul basiese regte en moet end kry, sê Hennie Bekker, distrikskoördineerder vir Mpumalanga.

Sluit vandag aan by AfriForum, SMS jou naam na 45340(R1)

Soortgelyke plasings