Kathu-tak sluit Oktobermaand met die herdenking van die Hervorming af

 

AfriForum se Kathu-tak het die 500-jaar herdenking van die Hervorming gevier deur onder meer bome by die Hugenote-park in dié dorp te plant en die oprig van ’n klipstapel.
Voortrekkers van Kathu sowel as lede van gemeenskap en die plaaslike AfriForum-tak het vroegoggend reeds by dié park bymekaargekom waar daar met skriflesing en gebed geopen is.
Daar is verder ’n potjiekoskompetisie en boeresport by AfriForum se Kathu-buurtwag-beheerkamer, wat nou in volle werking is, gehou. Daar was ook stalletjies met koopgoed.

“AfriForum se Kathu-tak wil lede van die Reformatoriese wêreld uitnooi om die Hugenote-park te besoek en nóg klippe op dié stapel te sit,” sê Adriaan Odendaal, voorsitter van AfriForum se Kathu-tak.

Soortgelyke plasings