|

Kruise in Middelburg verwyder ter voorbereiding van nuwe monument

Die AfriForum-tak in Middelburg het onlangs ’n skoonmaakaksie by die gebedsoond in Middelburg aangepak. Dié area het talle wit kruise ter bewusmaking van plaasmoorde en plaasaanvalle gehuisves.

Die wit kruise is deur verskeie elemente verwoes en het in algehele onnetheid verval aangesien die munisipaliteit versuim het om tussen die kruise skoon te maak en die gras te sny. Die wit kruise is verwyder om die area voor te berei vir ’n verwagte, meer permanente monument wat daar opgerig gaan word.

Die tak beoog om tydens die tweede fase van die projek ’n versoek ingedien word by die Steve Tshwete Plaaslike Munisipaliteit om ’n permanente monument op te rig.

“Ons hoop is dat ons versoek goedgekeur sal word en dat die munisipaliteit die waarde daarin sal sien om ’n meer permanente monument op te rig. Só ’n struktuur sal makliker wees om te onderhou en sal ook vir langer behoue kan bly,” sê Vic Boshoff, voorsitter van die AfriForum-tak in Middelburg.

Soortgelyke plasings