|

Visse in die Vaalrivier

AfriForum doen ’n beroep op die publiek om data oor Vaalrivier se siek visse in te samel.

AfriForum neem met kommer kennis van berigte wat ontvang is van siek en beseerde visse wat in die Vaalrivier, en veral in die Deneysville-omgewing, aangeteken is.

AfriForum doen ’n beroep op die publiek om deel te neem aan dié span se data-insamelingsproses. Hengelaars moet op die uitkyk wees vir visse wat ongewone simptome toon, soos bloed wat deur die skubbe of vinne syfer. Hengelaars wat visse met dergelike simptome in die Vaalrivier-stelsel teëkom, word versoek om foto’s van die siek vis, tesame met koördinate en/of ’n akkurate beskrywing van die plek waar die vis gevang is, aan AfriForum te stuur. Hierdie data sal baie waardevol wees in die ondersoek om vas te stel wat die oorsaak van die visse se ongesteldheid is.

"*" indicates required fields

Naam en van*
DD slash MM slash YYYY
Drop files here or
Accepted file types: jpg, png, pdf, jpeg, Max. file size: 5 MB.
    This field is for validation purposes and should be left unchanged.

    Soortgelyke plasings