| |

Loskop-veiligheidsgroep dink nuut oor veiligheid

In Februarie het 15 manne van regoor die Loskopvallei bymekaar gekom om strategieë te bespreek om die Loskopvallei korridor se veiligheid beter te bestuur. AfriForum se Groblersdal- en Marble Hall-takke was ook hierby betrokke.

Die groep onder leiding van genl. Roland de Vries het verskeie aspekte bespreek waar onder die positiewe en negatiewe aspekte ten opsigte van die topografie en daar is beplan om die area in nuwe sektore te verdeel om veiligheid makliker te bestuur.

Die groep het ook brandpunte wat reeds identifiseer is en areas waar plaasaanvalle in die verlede plaasgevind het bestudeer en taktiese beplanning gedoen om in die toekoms vinniger op plaasaanvalle te reageer. Hendrik Kotze, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Waterberg, sê dat die verkiesingstydperk ook ander uitdagings bring ten opsigte van veiligheid in landelike areas. “Die gemeenskap moet ook voorbereid wees op moontlike onluste wat baie keer gepaardgaan met verkiesings.”

“Ons is dankbaar vir hierdie manne se bereidwilligheid om strategies oor ons dorpe se veiligheid te kom dink. Genl. De Vries het heelwat wyshede met ons gedeel en ons is bly hy kon sy taktiese kennis ook hier kom aanwend om ons te help,” sê Coenie Meyer, voorsitter van AfriForum se Groblersdal-tak.

Kotze bedank ook Safari Slaghuis, die buurtwagte, landelike veiligheid, sekuriteitsmaatskappye en die TLU wat hierdie sessies bygewoon het.

Soortgelyke plasings