|

Malmesbury-tak skenk meer as 500 boeke aan biblioteek vir ouetehuise

Die AfriForum-tak in Malmesbury-tak het op 14 Julie meer as 500 boeke aan die ACVV se biblioteek geskenk – verskeie CD’s is ook geskenk. Dié tak het ook ’n klankstelsel aan die Goue Aar Ouetehuis geskenk.

Die ACVV se biblioteek word deur drie ouetehuise gebruik naamlik Amandelrug, Aandskemering en Goue Aar. Die boeke strek oor verskeie genres van romanse tot speurverhale en nog meer.

“Die boeke en CD’s is in ’n uitstekende toestand en ons is bly ons kon dit aan die ACVV skenk om te verseker dat ons bejaardes hierdie boeke en CD’s kan geniet,” sê Johan Visser, sekretaris van AfriForum se Malmesbury-tak.

“AfriForum wil graag waarde toevoeg tot gemeenskappe en al is hierdie gebaar net iets klein, is dit goed om te sien dat dit ’n verskil maak in mense se lewens,” sê Christo Smit, ondervoorsitter van AfriForum se Malmesbury-tak.

Lede van die gemeenskap wat by die Malmesbury-tak wil betrokke raak kan aansluit by www.wordlid.co.za of vir Riaan Muller skakel by 072 920 2984.

Soortgelyke plasings