|

Mooirivier-buurtwagte beskerm hul gemeenskappe in Julie

Die AfriForum-buurtwagte in die Mooirivier het in Julie in samewerking met die SAPD en ander veiligheidsinstansies hul omgewing beveilig. Daar is 657 patrollies deur die volgende buurtwagte gery: Bothaville, Sasolburg, Hartbeesfontein-buurt en plaaswag, Hartbeesfontein-buurtwag, Potchefstroom, Wolmaransstad en Stilfontein.

In Sasolburg was die hommeltuig ingespan ná ’n gepoogde motorkaping en is die SAPD bygestaan met die arrestasie van ’n messteker. Die Hartbeesfontein-plaaswag was betrokke by die opsporing en aftrek van ’n voertuig wat met misdaad verbind word. Die Stilfontein-buurtwag het die SAPD bygestaan tydens ’n skietvoorval, by motorongelukstonele en inbrake. Die Hartbeesfontein-buurtwag het die SAPD bygestaan by die arrestasie van onwettige jagters, om ’n ontsnapte gevangne weer aan te keer en voorvalle van diefstal.

“Die Mooirivier-buurtwagte is onontbeerlik in die gemeenskappe waar hulle funksioneer. Die SAPD kom ook toenemend onder die indruk van die waarde van die buurtwagte. Indien jy nog nie betrokke is by ’n buurtwag nie, stel ek voor dat jy onverwyld betrokke raak,” sê Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Mooirivier.

Raak vandag nog by AfriForum se buurtwagte betrokke. Jy kan help om jóú omgewing te beveilig: SMS “Buurtwag” na 45344 (R1).

Soortgelyke plasings