|

Potchefstroom-tak vul slaggate as deel van #OnsDorp-projek

Die AfriForum-tak in Potchefstroom het gedurende Julie 147 m² se slaggate met 590 sakkies teer gevul as deel van die #OnsDorp-projek. Slaggate is in gedeeltes van die volgende strate gevul: Louis le Grangestraat, Kockstraat, Gobeystraat, Meyerstraat, Marthinusstraat, Johannes Dreyerstraat, Langenhovenstraat en Van Heerdenstraat.

Die AfriForum-buurtwag het die slaggate in Paryslaan, by die Sasol-vulstasie, ook laat herstel.

“Die bietjie slaggate wat deur die tak herstel word elke maand maak tog ’n groot verskil in Potchefstroom. Dit is egter verblydend dat die munisipaliteit ook begin het om slaggate te laat herstel,” sê Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder in die Mooirivier.

Raak by Potchefstroom se AfriForum-tak betrokke en help om jou omgewing beter te maak. Kontak vir Pretorius by 081 392 2071 om aan te sluit. Indien jy ’n donasie wil maak om slaggate op te vul, kontak vir Douglas Bourn by 083 232 1020.

Soortgelyke plasings