|

Sasolburg-buurtwag staan bont in Februarie

Die afgelope Februarie het AfriForum se buurtwag in Sasolburg verskeie patrollies uitgevoer en hulp aan die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) op ’n selfmoord- en moordtoneel verleen.

Op 2 Februarie het dié buurtwag saam met die SAPD en die Sasolburg-gemeenskapspolisiëringsforum (GPF)  aan ’n oorgrenspatrollie deelgeneem, 135 km is die aand afgelê. Daar is veral op leegstaande huise gefokus. Twee mense wat in so ’n huis gevind is, is vir ongemagtigde toegang gearresteer.

’n Buurwaglid het op 5 Februarie die SAPD met skarebeheer gehelp en die selfmoord- en moordtoneel afgesper totdat die liggame verwyder is.

Die buurtwag het verder ook op 10 en 17 Februarie sigbaarheidspatrollies in die woonbuurte uitgevoer en 116 km is afgelê. Op die 17 de het die buurtwag  op ’n diefstalklag gereageer waarna die SAPD ingeroep is en ’n werker wat 40 liter diesel gesteel het, is in hegtenis geneem.

“Dit is verblydend om te sien dat die buurtwag so paraat is en goed met die SAPD saamwerk. Ons weet almal dat die polisie se hulpbronne beperk is, daarom is dit positief dat daar ’n goeie samewerkingsverhouding is. Ek moedig elke inwoner van Sasolburg aan om by die buurtwag betrokke te raak,” sê Alta Pretorius, distrikskoördineerder vir Mooirivier.

Die Sasolburg-buurtwag, het in Februarie ook ’n nuwe bestuur aangewys wat reeds ’n verskil aan die veiligheid in die dorp gemaak het. Die nuwe bestuur bestaan uit: Johan (Pottie) Potgieter (buurtwagleier), Koos Meiring (spanleier: operasies), Eddie Groenewald (spanleier: steun) en Rian Coertze (spanleier: inligting).

Volgens Johan Potgieter, leier van die Sasolburg-buurtwag, werk dié buurtwag vir die gemeenskap om die omgewing veiliger vir alle inwoners te maak. Ons het ’n goeie en professionele verhouding met die SAPD en werk ook goed saam met verskeie buurtwagte in Sasolburg. “Elke suksevolle patrollie is ’n tree na ’n veiliger woongebied,” sê Johan Potgieter, buurtwagleier van die Sasolburg-buurtwag.

As jy by die Sasolburg-buurtwag se projekte betrokke wil raak, kontak Johan Potgieter by 082 337 5983.

Soortgelyke plasings