|

Vanderbijlpark-tak maak park in Maxwellstraat skoon

AfriForum se Vanderbijlpark-tak het op 13 Mei die park in Maxwellstraat (CW5) skoongemaak. Daar was 30 vrywilligers wat kom help het. Hierdie vrywilligers het uit AfriForum-lede en mense uit die gemeenskap bestaan.

Hierdie aksie is geloods nadat mense in die omgewing die Vanderbijlpark-tak genader het om die veld van omtrent 1,2 hektaar skoon te maak. Met die aksie is drie groot vragte gemors weggery.

Die tak beplan ook om later die klimrame in die park oor te verf en te herstel sodat die gemeenskap dit weer kan gebruik.

“Die takbestuur wil graag diegene wat gehelp het bedank vir hul tyd om sodoende ’n verskil in hul omgewing te maak. Dit is belangrik dat gemeenskapslede eienaarskap neem van hul omgewing. Met die verval van munisipaliteite het dit tyd geraak dat ons self ’n verskil begin maak anders gaan ons areas heeltemal verval,” sê Stephanus Blignault, distrikskoördineerder vir die Wes-Rand.

Mense wat by hierdie aktiewe tak wil aansluit, kan e-pos stuur na vanderbijlpark@afriforumtak.co.za.

Soortgelyke plasings