|

Noord van die berg-tak loods opvolgprojek by die Heldeakker-begraafplaas

AfriForum se Noord van die berg-tak het op 13 Mei hulle opvolgprojek by die Heldeakker-begraafplaas aangepak. Dié tak het hierdie keer meer op die areas rondom die grafte gefokus deur dit skoon te maak en die onkruid te verwyder wat oral opkom en groei.

Dit is algemeen bekend dat die verval van munisipaliteite landwyd meegebring het dat begraafplase nie meer skoongemaak en in stand gehou word nie. Dit is ook in talle gevalle deesdae uiters gevaarlik vir mense om die grafte van hul geliefdes te besoek en self skoon te maak.

“Ek dink dit is belangrik vir ’n gemeenskap om betrokke te raak by hierdie tipe projekte aangesien dit die gemeenskap se plig is om hul eie en ander se erfenis te bewaar,” sê Quentin Meyer, voorsitter van AfriForum se Noord van die berg-tak.

“Dit is belangrik om hierdie areas skoon en netjies te hou sodat ons geskiedenis behoue kan bly vir ons nageslagte. Geskiedenis is baie belangrik en speel ’n belangrike rol in ons lewe,” sê Sampie Steinberg, distrikkoördineerder vir Groter Pretoria-Noord.

Klik hier en raak vandag nog by AfriForum se Noord van die berg-tak betrokke.

Soortgelyke plasings