|

Durbanville-tak ontvang opleiding in selfverdediging

Lede van AfriForum se Durbanville-tak het op 13 Mei opleiding in selfverdediging deur Truekrav gekry. Die opleiding is daarop gemik om gemeenskapslede se tegnieke oor selfbeskerming op te skerp.

Persone wat die opleiding bygewoon het, is hoofsaaklik woonagtig in die noordelike voorstede van Kaapstad. Volwassenes en kinders het uit die opleiding gebaat.

Christo Kellerman van Truekrav in Durbanville het sy kennis en vaardighede met die lede gedeel om hulself in situasies waar hulle aangeval word, te kan verdedig. Hierdie sessie is ’n inisiatief van die AfriForum-tak in Durbanville, die AfriForum-kantoor in die Wes-Kaap en Truekrav sodat mense ook aangemoedig kan word om voltyds by hierdie klasse aan te sluit en hul lewenservaring hierdeur te verryk.

“Ons is baie dankbaar vir Truekrav se openhartigheid teenoor AfriForum. Suid-Afrika is tans een van die wêreld se gewelddadigste lande om in te woon en daarom poog ons van AfriForum se kant om ons lede met selfverdedigingstegnieke te bemagtig,” sê Johan Crous, distrikskoördineerder van die Weskus.

Raak betrokke by die Durbanville-tak om sodoende ’n daadwerklike verskil in die gemeenskap te maak. Klik hier vir meer inligting.

Soortgelyke plasings