|

Nuwe bestuur blaas nuwe lewe in AfriForum se Uitenhage-tak

Die herorganisasie van AfriForum se Uitenhage-tak en die verkiesing van die nuwe bestuurspan is pas afgehandel en dié span is slaggereed om met nuwe ywer die verskeie uitdagings wat inwoners van dié Oos-Kaapse dorp maar al te goed ken, te takel. 

Tania-Lee Pienaar is as die tak se nuwe voorsitter aangewys, terwyl Brandon Buckley as ondervoorsitter en Lynette Gouws as tesourier verkies is. Milinda Ferreira sal voortaan dien as taksekretaris, Darius Stumke as bestuurslid verantwoordelik vir gemeenskapsveiligheid, Claude Smith as bestuurslid gemoeid met plaaslikeregeringsake en Piet Avenant as bestuurslid verantwoordelik vir omgewingsake. Talitha Pietersen is aangewys as bestuurslid vir die jeug.

Wikus van der Walt, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Oos-Kaap, is optimisties oor die werk en projekte wat die nuwe bestuur gaan aanpak. Hy bedank die gemeenskap vir hul insette tydens die herorganisasie van die tak en die bestuurslede vir hul bereidwilligheid om op die takbestuur te dien.

“Die nuwe bestuur wil graag saam met die gemeenskap werk om volhoubare selfdoenprojekte van stapel te stuur. As die gemeenskap saamstaan en hard werk kan hulle ’n beter omgewing en toekoms die inwoners van dié dorp skep,” sluit Van der Walt af.

Soortgelyke plasings