|

Nuwe bestuur dra Kempton Park-tak na aan die hart

AfriForum se Kempton Park-tak het Maandag (8 April) ’n nuwe bestuur verkies. Die nuutverkose bestuur is egter geen vreemdeling vir die tak nie, aangesien meeste van die nuwe bestuurslede reeds vir jare lank die tak se belange op die hart dra.

Die nuwe takbestuur bestaan uit Jan Vermaak (voorsitter), Rolinda Badenhorst (tesourier), Ernest Hoddinott (gemeenskapsveiligheid), Lindi van Eeden (sekretaresse), Mila Jacobs (jeug) en Jacques van Eeden (media en bemarking).


Vermaak sê AfriForum se Kempton Park-tak en die omliggende gemeenskap lê hom uiters na aan die hart, daarom streef hy om hierdie herstrukturering te gebruik om ’n omgewing te skep waar elke lid se stem gehoor word en die gemeenskap se uitdagings so gou moontlik aangespreek word. “Ons sal op die bestaande strukture voortbou en daardeur die gemeenskap verder versterk,” sê Vermaak.

Die nuwe bestuur beplan om volstoom met die tak se projekte voort te gaan en die buurtwag verder uit te brei om die gemeenskap te beveilig. Dié tak het reeds herwinningsprojekte van stapel gestuur en besoek weekliks plaaslike tehuise om ondersteuning aan bejaardes te bied. Die tak se buurtwag het ook ’n groot teenwoordigheid in Kempton Park. Sy hommeltuig het reeds ’n groot verskil in die veiligheid van die gemeenskap gemaak. “Die nuwe bestuur gaan beslis op hierdie suksesse voortbou,” sê Jurie Ferreira, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Oos-Rand.

Raak vandag nog by dié AfriForum-tak betrokke en beleef eerstehands hoe die gemeenskap Suid-Afrika se toekoms in hul eie hande neem. Besoek www.wordlid.co.za vir meer inligting.

Soortgelyke plasings