|

AfriForum se Parys-tak vul slaggate

Die AfriForum-tak in Parys het op 29 Januarie 2022 altesaam 64 sakkies teer van ongeveer 1,6 ton gebruik om slaggate in die dorp te vul.

Die plaaslike taklede het ingespring en slaggate in Grens- en Rubenstraat, asook in Eerstelaan, gevul. Lede van die AfriForum-buurtwag en lede van Security Master se reaksiegroep het hulle gehelp.

“Ek wil graag ’n beroep op elke inwoner in Parys doen om by hierdie tipe projekte betrokke te raak. Dit is so lekker om te sien dat selfs kinders saamwerk. Saam sal ons ’n verskil kan maak. Instansies wat hande wil vat met die AfriForum-tak is ook baie welkom, want selfdoen is beter as niksdoen,” sê Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Mooirivier.

Die Parys-tak doen ’n beroep op die gemeenskap om betrokke te raak by hierdie projek. Die gemeenskap kan aktief betrokke raak en ook donasies maak in ’n poging om Parys slaggatvry te maak.

Belangstellendes kan vir Fanie Kruger, takvoorsitter, by 072 989 0901 kontak.

Soortgelyke plasings