|

Nuwe toerusting vir Springs-tak om netheid te verbeter

Die AfriForum-tak in Springs het op 8 Maart nuwe toerusting aangekoop om die algehele netheid van hierdie stad te verbeter.

Die nuwe toerusting sluit in twee bossiekappers, twee blaarblasers, vier harde hoede, ’n kettingsaag en ’n grassnyer.

Hierdie toerusting sal nie net gebruik word om die tak se volhoubare projek by die eendedam meer doeltreffend uit te voer nie, maar ook om grootskaalse skoonmaakprojekte in die gemeenskap te loods. 

“Die aankoop van hierdie toerusting is ’n goeie aanduiding van wat gemeenskapstrukture met ’n sterk ondersteuningsbasis kan vermag. In hierdie geval is dit elke AfriForum lid se finansiële bydrae wat hierdie tak van krag tot krag laat groei,” sê Dewet Ungerer, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Oos-Rand.

Raak vandag nog by die plaaslike AfriForum-tak betrokke deur ’n epos te stuur na springs@afriforumtak.co.za.

Soortgelyke plasings