|

Nuwe Viljoenskroon-takbestuur gereed om uitdagings te pak 

AfriForum se Viljoenskroon-tak se nuwe bestuur is pas aangewys en dié groep is reeds slaggereed om uitdagings in dié dorp te takel. Boet Wienand is verkies as voorsitter en Benton Nortman as ondervoorsitter. Lynne Griesel sal dien as sekretaresse en MG van Niekerk as tesourier, terwyl Ali Bam en Attie Barnard verantwoordelik is plaaslike regeringsake en Francois Vos leiding gaan neem met omgewingsake.

Die nuwe span is vol geesdrif en wil graag verbetering op verskeie vlakke in Viljoenskroon bewerkstellig. Die bestuurspan het reeds bepaal dat kwessies soos skoonmaakaksies, instandhouding van verkeerstekens, noodwaterpunte en munisipale aangeleenthede prioriteit sal geniet.

“Dis lekker om ’n entoesiastiese, vars span op die bestuur te hê. Ek is oortuig daarvan dat hulle met die samewerking van die gemeenskap ’n groot verskil in Viljoenskroon sal maak,” sê Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Mooirivier.

Indien jy by die AfriForum-tak wil betrokke raak, kontak Boet Wienand by 082 888 1708.

Soortgelyke plasings