Oekraïne: Suid-Afrika pleeg ekonomiese selfmoord

Die burgerregteorganisasie AfriForum het in reaksie op bewerings dat Suid-Afrika wapens aan Rusland verskaf het, gesê dat president Ramaphosa en die ANC-regering besig is om Suid-Afrika na ekonomiese selfmoord te lei deur die oorlog in die Oekraïne ook nou Suid-Afrika se oorlog te maak. Volgens AfriForum is die oorlog in Oekraïne nie Suid-Afrika se oorlog nie en moet die land eerder plaaslik oorlog teen armoede, misdaad, korrupsie en mislukkende sentralisme voer.  Suid-Afrika se buitelandse beleid moet volgens AfriForum die land se eie belange dien.

Volgens Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, het president Ramaphosa toegelaat dat Suid-Afrika nou nie-amptelik teen sy eie ekonomie oorlog verklaar het. “Selfs al is wapens nie verskaf nie, het die besoek van Russiese skepe en vliegtuie en die gesamentlike vlootoefening, reeds gegewe die huidige internasionale klimaat die voorwaardes geskep vir Suid-Afrika om ekonomiese selfmoord te pleeg. Indien Suid-Afrika uit die AGOA-ooreenkoms geskop word gaan almal in die land nadelig getref word, ongeag wat hulle standpunt oor die oorlog in Oekraïne is,” sê Kriel.

Soortgelyke plasings