|

AfriForum se Centurion-buurtwag kry opleiding

Ses lede van die AfriForum-buurtwag in Centurion het op 13 April opleiding in basiese brandbestryding ontvang.

AfriForum-buurtwagte poog om al sy buurtwaglede met genoegsame kennis toe te rus, sou daar tydens patrollies of operasies ’n voorval ontstaan.

Hierdie basiese opleiding in brandbestryding vorm deel van ’n reeks modules wat AfriForum aan sy buurtwaglede bied.

“Dit is oor en oor bewys dat daar waar ’n gemeenskap opgelei en georganiseerd is, booswigte twee keer gaan dink om hul misdrywe te pleeg,” sê André de Bruyn, voorsitter van AfriForum se Centurion-tak.

Daar word verder beplan aan nog opleiding, waaronder in noodhulp, huis-en-haard, toneelhantering en regs-en-risiko.

Raak vandag by die plaaslike AfriForum-tak in Centurion betrokke deur ’n e-pos te stuur na centurion@afriforumtak.co.za of besoek http://www.wordlid.co.za om ’n bydrae te maak.

Soortgelyke plasings