|

Oos-Kaapse buurtwagte ontvang skietopleiding

AfriForum se buurtwagte in die Oos-Kaap het op 22 April ’n kursus in die gebruik van basiese handwapens voltooi.

Die doel van hierdie opleiding is om die bevoegdheid van AfriForum se patrolleerders deurgaans te verbeter. Hierdie tipe opleiding vind deur die loop van die jaar op verskeie terreine plaas. Dit verseker ook dat die buurtwaglede in staat is om volgens die wet op te tree wanneer hulle hul gemeenskappe beveilig.

“Ons is dankbaar dat ons hierdie geleentheid kon gebruik om die vaardighede aan ons buurtwaglede oor te dra. Hierdie kursus help die lede om paraat te bly en dien ook as ’n goeie spanbou-aktiwiteit. Ons moedig ons strukture aan om as ’n groep saam te werk om potensiële situasies ​​te hanteer,” sê Wikus van der Walt, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Oos-Kaap.

Die takke moedig die gemeenskap aan om by hul plaaslike AfriForum-buurtwag betrokke te raak om ’n daadwerklike verskil te maak. Klik hier om aan te sluit.

Soortgelyke plasings