Misdaad
|

Potgietersrus-buurtwag span nou voetpatrollies in

AfriForum se Potgietersrus-buurtwag in Mokopane se voetpatrollies is al die afgelope twee weke goed op dreef in gebiede wat geteiken word deur misdaad. Die voetpatrollie vind een keer per week in die aande plaas.

’n Totale afstand van 21,9 km is oor twee dae in Chroompark en Kameeldoringpark afgelê. Hierdie gebiede loop gewoonlik deur onder huisrooftogte, en tuinslange en hekmotors word ook gereeld gesteel. Die voetpatrollie word ook ondersteun deur buurtwaglede wat in voertuie in die nabye omgewing patrolleer, sou die patrolleerders op voet hulp verlang. Die doel van die voetpatrollies is om die toenemende brandstof prys hok te slaan sowel as om die area beter te leer ken.

Volgens Hennie de Klerk van AfriForum se Potgietersrus-buurtwag het die gemeenskap ’n positiewe ingesteldheid teenoor hierdie nuwe inisiatief om misdaad op die dorp te bekamp.

“Die voetpatrollie is ’n baie goeie inisiatief om sigbaarheid in Mokopane te verhoog. Boonop help dit ook met die patrolleerders se fiksheid,” sê Hendrik Kotze, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Waterberg-distrik.

Word deel van AfriForum se veiligheidstrukture in Mokopane: Besoek www.wordlid.co.za.

Soortgelyke plasings