|

Overstrand-tak hou gemeenskap skoon met nuwe vullisdromme

AfriForum se Overstrand-tak het op 30 September vier vullisdromme aangekoop vir die Hermanus Country Market in Hermanus in ’n poging om die omgewing skoon te hou.

“Die Overstrand-tak het dit goedgedink om ’n paar vullisdromme aan te koop en op strategiese plekke te plaas om die gemeenskap skoner en netjies te hou. Die dromme is ook met ’n AfriForum-bord gemerk waar lede van die publiek die QR-kode kan skandeer om by die tak aan te sluit,” sê Fanie Coetzee, voorsitter van die Overstrand-tak.

“Dis belangrik om die omgewing skoon te hou en sodoende ’n veilige omgewing te skep. Ons hoop dat ons aksie ander gemeenskappe sal motiveer om na hul omgewings om te sien,” sluit Coetzee af.

Die tak moedig die Overstrand-gemeenskap aan om by dié  AfriForum-tak betrokke te raak om ’n daadwerklike verskil in hul gemeenskap te maak: SMS “Overstrand” na 45350 (R1) om vandag nog aan te sluit.

Soortgelyke plasings