|

Parys-tak gebruik 150 sakke teer om slaggate by kleuterskool te vul

Die AfriForum-tak in Parys het die afgelope naweek ingespring om slaggate in Kortstraat, by die Kiewiet Kleuterskool, te herstel. Die slaggate het dit vir ouers moeilik gemaak om by dié kleuterskool uit te kom en is boonop ’n veiligheidsrisiko. Die tak het 150 sakke teer gebruik om vier lang stroke van 1×5 m te herstel en 50 kleiner slaggate te vul.

Die veiligheid van die gemeenskap en die algehele netheid van die dorp is vir dié tak van groot belang. Volgens Schalk Burger, voorsitter van AfriForum se Parys-tak, kan hierdie tipe aksies aangepak word te danke aan die donasies wat die lede van dié tak maak.

“Ons moedig die gemeenskap aan om aan te sluit sodat ons meer aksies soos hierdie kan aanpak. Saam kan ons soveel meer vermag en groter uitdagings aanpak,” sê Burger.

“Parys het soveel uitdagings veral ten opsigte van water en krag maar aksies soos hierdie, wat ’n sigbare verskil maak in die gemeenskap, skep hoop. Dit is lekker om te weet ons maak ’n verskil selfs al voel dit klein,” voeg Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Mooirivier by.

Om betrokke te raak by hierdie tak kontak gerus vir Burger by 082 653 4281.

Soortgelyke plasings