|

Phalaborwa: Munisipaliteit hou hom blind én doof, maar gemeenskap sê ‘Ons sal self!’

Terwyl die Ba-Phalaborwa Plaaslike Munisipaliteit hom blind én doof hou vir die agteruitgang van Phalaborwa, het AfriForum se plaaslike tak en lede van die gemeenskap hier besluit om self in te spring en dié dorp op te ruim. Die dorp se ingang is op 2 Desember opgeruim en soortgelyke aksies word reeds vir aanstaande jaar beplan.

AfriForum se Phalaborwa-tak het tydens dié projek hande gevat met nog twee plaaslike gemeenskapsorganisasies, Gatvol en Let’s Change Ba-Phalaborwa (LCBP). Gras is gesny en vullis is opruim en ’n totaal van meer as drie bakkievragte vol vullis is verwyder.

’n AfriForum-petisie oor die toestand van die dorp is onlangs aan die Ba-Phalaborwa Plaaslike Munisipaliteit oorhandig, maar nadat die munisipaliteit die petisie geïgnoreer het, is besluit dat daar nie meer op die munisipaliteit staatgemaak kan word nie – en daarom spring inwoners nou self in om Phalaborwa skoon te maak, verduidelik Neill Kelder, ondervoorsitter van die Phalaborwa-tak. Volgens Kelder beoog die tak om soortgelyke aksies in 2024 aan te pak.

Raak vandag nog betrokke by AfriForum se Phalaborwa-tak. Stuur ’n e-pos te stuur aan hendrik.kotze@afriforum.co.za vir meer inligting.

Soortgelyke plasings