| |

Piet Retief-tak samel klere in vir behoeftiges

Die jeuglede van AfriForum se Piet Retief-tak het tydens Junie ’n suksesvolle projek gedryf waartydens klere vir behoeftiges ingesamel is. ’n Bakkievrag vol klere is aan die Lighuis-gemeente geskenk om aan behoeftige gesinne in die dorp uit te deel.

Verder het die Piet Retief-buurtwag ook sy maandelikse inisiatief voortgesit waartydens hierdie buurtwag sigbaarheid in die gemeenskap verhoog deur meer lede aan patrollies te laat deelneem. Tydens dié inisiatief was daar 15 buurtwaglede wat op een slag in die dorp gepatrolleer het.

“Die welstand en veiligheid van die Piet Retief-gemeenskap is vir ons belangrik en juis daarom loods ons hierdie projekte” sê Jan Botha, voorsitter van AfriForum se Piet Retief-tak.

Wys jou steun vir die AfriForum-tak in Piet Retief: Besoek www.wordlid.co.za.

Soortgelyke plasings