|

Rustenburg-tak gaan voort met volhoubare projek

Die AfriForum-tak in Rustenburg het gedurende Maart meer as drie hektaar se gras gesny. Die areas waarop gefokus is, sluit die hoek van Boven- en Helen Josephstraat in.

“Die Rustenburg-tak is passievol oor die gemeenskap en ons wil ’n positiewe verskil maak deur ’n skoner en gesonder omgewing te skep. Ons glo dat hierdie projekte nie net ’n direkte impak op die omgewing sal hê nie, maar ook ’n positiewe invloed op die gemeenskap se gemoedsrus sal hê,” sê Armand Viljoen, AfriForum se distrikskoördineerder vir Marico.

AfriForum se Rustenburg-tak nooi alle inwoners van die gebied uit om betrokke te raak by hierdie inisiatief en om saam ’n skoner en gesonder omgewing vir almal te skep. Hulle moedig alle belangstellendes aan om by die tak aan te sluit.

Word vandag deel van die oplossing en sluit aan by die Rustenburg-tak deur vir Dawie Conradie by 082 930 9905 te bel.

Soortgelyke plasings