|

Rustenburg-tak hou patrollie by begraafplaas vir #OnsDorp-projek

Die AfriForum-tak in Rustenburg het op 24 Julie ’n patrollie by die Donkerhoek-begraafplaas gehou om die veiligheid van besoekers te verseker. Daar was 15 taklede betrokke by die patrollie wat van 09:00 tot 15:00 plaasgevind het.

Die begraafplaas is ook skoongemaak deur die Rustenburg Plaaslike Munisipaliteit en AfriForum wat tussen die grafte met bossiekappers gesny het.

“Dit was vir die tak ’n voorreg om te sien dat mense hul geliefdes se grafte veilig kon besoek, terwyl ander mense AfriForum bedank het vir die veiligheid wat hulle vir die inwoners bied,” sê Armand Viljoen, distrikskoördineerder vir Marico.

Soortgelyke plasings