|

AfriForum gerat om styging in misdaad tydens feesseisoen te stuit

Die burgerregteorganisasie AfriForum se buurtwagte gaan van 1 tot 31 Desember patrollies regoor die land hou om gedurende die feestyd hulle algehele sigbaarheid te verhoog. Indien die huidige vlak 1 van inperking steeds gaan geld oor Desember sal daar moontlik ’n toename in misdaad wees. 

In 2020 het kriminele aktiwiteit tydens die laaste ses maande van die jaar met meer as 50% toegeneem. Daarom is dit belangrik dat gemeenskapsveiligheidstrukture gerat moet wees met bevestigde inligting, uitvoerbare strategieë en gekoördineerde aksies en samewerking tussen alle rolspelers.

AfriForum het tans meer as 160 buurtwagte regoor Suid-Afrika. Die buurtwagte is reeds gereed om hul onderskeie gemeenskappe se veiligheid oor dié tydperk te verbeter.

Gedurende die feesseisoen sal daar twee verskillende veiligheidsinisiatiewe deur AfriForum se veiligheidstrukture aangepak word. Die eerste een is die nasionale patrollie en die tweede een  gaan  die buurtwagte veral oor die Kersnaweek bedrywig wees om misdaad te beperk.

“Hoe meer mense by AfriForum se buurtwagte aansluit, hoe groter die vermoë om die gety van misdaad die hoof te bied,” sê Raymond Hohls, operasionele bestuurder vir Gemeenskapsveiligheid by AfriForum.

AfriForum wil mense aanmoedig om aan te sluit by die organisasie se veiligheidstrukture in hulle gemeenskappe. Sluit vandag nog aan by AfriForum: SMS jou naam na 45353 (R1).

Soortgelyke plasings