|

Só lyk Krugersdorp-tak se nuutverkose bestuur

AfriForum se Krugersdorp-tak het Woensdag (8 Mei) sy bestuur geherorganiseer om die verskeie uitdagings wat die inwoners van hierdie gebied daagliks mee gekonfronteer word, te takel. 

Die nuutverkose takbestuur bestaan uit Jurie van Niekerk (voorsitter), Sakkie van den Berg (ondervoorsitter), Angie van den Berg (sekretaris), Pieter Joubert (tesourier), Hennie Victor (buurtwagleier), Sidney Thomas (plaaslikeregeringsake), Conrad van Blerk (omgewingsake), en Karla van Blerk (jeug).

Stephanus Blignault, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Wes-Rand, sê dié bestuur is slaggereed om die dorp se uitdagings die hoof te bied en die gemeenskap by al sy verbeteringsprojekte te betrek . “Die nuutverkose bestuur is almal sterk gemeenskapsleiers en ek is vol vertroue dat hulle ’n groot verskil in die gemeenskap sal maak. Met hierdie bekwame span aan die stuur, is AfriForum se Krugersdorp-tak gereed om nuwe hoogtes te bereik.”

Die bestuur, onder leiding van sy nuwe voorsitter (Van Niekerk), gaan eerskomende Dinsdag vergader om die gemeenskapsprojekte vir Krugersdorp te bespreek. Besoek www.wordlid.co.za om hierby betrokke te raak.

Soortgelyke plasings