|

Springs-buurtwag beveilig deelnemers tydens jaarlikse padwedloop

Die buurtwag van AfriForum se Springs-tak het op 20 Januarie gewys dat hulle selfs suksesvol as puntsmanne tydens ’n padwedloop kan optree. Dié buurtwag was reeds om 05:30 die oggend gereed om veiligheid te bevorder en verkeersbeheer toe te pas tydens die jaarlikse Springs Striders-padwedloop. 

“Dit is ’n voorreg vir hierdie tak om deel te neem aan hierdie jaarlikse wedloop, om op hierdie wyse ook sport- en ontspanningsgeleenthede vir die gemeenskap veiliger te maak,” sê Jurie Ferreira, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Oos-Rand.

Ferreira het benadruk dat sulke inisiatiewe en gemeenskapsbetrokkenheid kan bydra tot die bou van gemeenskapstrots. Gemeenskapsbetrokkenheid en trots is die boustene van ’n gemeenskap wat op die ou end saam kan staan om uitdagings aan te pak.

Sluit aan by die Springs-tak om sodoende betrokke te raak by aksies soos hierdie. Besoek www.wordlid.co.za en kies Springs as jou dorp.

Soortgelyke plasings